Die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika bestaan sedert 1859 reeds, en het van die oorspronklike 5 kerke, tot 371 kerke in 2026 gegroei. (Gaan lees meer oor ons kerkverband op ons PORTAAL )
Die Gereformeerde Kerke hanteer missionale aktiwiteite as ’n roeping van elke plaaslike gemeente.Daar is ’n groeiende aantal plaaslike gemeentes wat op ’n holistiese manier met woord en daad uitreik na mense in geestelike en fisiese nood, naby en ver.
Ons bely dat God besig is om ter wille van sy eer op grond van Jesus Christus se lyding, sterwe en opstanding deur die Heilige Gees wat die kerk toerus as sy instrumente
met woord en daad, mense uit elke volk en taal te verenig om Hom vir ewig in ’n nuwe skepping te dien en aanbid.
Dit is God se sending, Sy saaiwerk, Sy landbou akker, Sy groei wat Hy gee, Sy arbeiders wat die oes inbring! Hy gebruik ons egter uit genade alleen om tot Sy eer deel van dié Missio Dei te wees.
MISSIO DEI BETEKEN VIR DIE GKSA
Dat die Vader die Seun gestuur het
om deur sy koms, lyding, sterwe en opstanding sy eiendom van die heerskappy van die sonde en Satan te verlos.
Die Vader en die Seun saam die Heilige Gees stuur
om God se kinders tot geloof en ’n nuwe lewe en lewensstyl te bring,
Hy hulle toerus
Om in te skakel by die sending van die Drie-Enige God om sy eiendom uit elke volk en taal en nasie te vergader en in te skakel by ’n plaaslike verbondsgemeenskap wat as plaaslike kerk van Christus funksioneer.
Elke gelowige
Ontvang unieke gawes van die Heilige Gees om op ’n eie unieke manier deel van God se sending te kan wees.
